We do not have a sample of this album ):

Spoegwolf's picture

Silwer

Spoegwolf

number of views for this lyric  2206 views



100% lyrics captured

Silwer cover

Get this album on
Apple Music

Get this album on
Spotify

About Silwer

Spoegwolf beskryf “Silwer” as ’n verhaal van vryheid en liefde. “Natuurlik met klipharde musiek. Dit laat jou voel asof jy skateboard ry tussen Jupiter en Mars.”

Die musiekvideo vir “Silwer” is in Augustus in die Paarl deur Andre Badenhorst en Eric Graham geskiet. Die musiekvideo speel af oor ’n dag in Spoegwolf se lewe waar al die lede dinge doen waarvan hulle hou. Hulle is almal op pad na iewers, en kom uiteindelik bymekaar uit vir ’n optrede tydens sonsondergang.

Kenmerkend aan die groep se musiek, wek “Silwer” se melodie ’n gevoel van onoorwinlikheid, gekombineerd met ’n storielyn van twee mense wat losbreek.

“In die winter hang die silwer wolke soos ’n kombers oor ons terwyl dit ons vryheid inperk. Maar ons ry. Ons ry vinnig en ver. So we’re getting out of here.”

As enkelsnit bied “Silwer” ’n triomfantlike terugkeer vir die groep wat dit beskryf as hul hardste, beste en grootste aanbieding tot dusver.

Share what this album means to you..