Onder ons horison van saffier
Kom my skip, kom my dag
Met die son, soos ‘n vuur
Jy’s op die brug gevind of gestuur
Jy’t jou ouma gebel
Sy sê dis net so koud
Sy’t jou van sterkstaan vertel
As jy gaan lê, lê soos ‘n berg
Teen die houe
En weet jy jou lig
Weerkaats oor my my meer
Ek sal jou wense
Oor die skemer van my hart
In pienk en bloue smeer
O breë swaard
Breë hart
Jy’t my kom haal in die nag
Kom dra my van
My kolke
Ek is lank, maar gebreek
Sterk in al die verkeerde plekke
Verraai en gelees
Hey, vir jou staan ek regop stil
Weet jy jou lig
Weerkaats
Oor my my meer
Ek sal jou wense oor
Die skemer van my hart
In pink en bloue smeer
O breë swaard
Breë hart
Jy’t my kom haal in die nag
Kom dra van
My kolke.