Hey, Melissa
Ons gaan ouer word
Longer as die bome
Dieper as die grond
Ek het jou
Kom Hal by jou pa
In Kylemore
Hey, Melissa
As dit kouer word
Kan ons deel aan mekaar
Voor jy deel van die grond word
Sal ek jou dra na jou pa
In Kylemore
Dit is nie jou laaste Herfs nie
Ek weet jy’t seer
Maar dit lyk nie te erg nie
Waar die winde roer
Sal ek als aan jou verduidelik
Soms is dit geluide
Soms kan jy dit voel
Die bome gooi goud en brons
Ek verlang na my moed
Voor ek ‘n man geword het
Sal jy rus as jy jou man van God het?
Hey, Melissa
Ek is agt-en-twintig
Deur al daal winters, maar nog meer somers
Dit stort vonke en trane
Op Kylemore
Jy’s nog jonk genoeg vir oorbegin
Jy’s nog sterk genoeg
(daar waar die winde roer
Sal ek als aan jou verduidelik
Soms kan jy dit voel
En soms is dit geluide)
Waar die winde roer
Sal ek als aan jou verduidelik
Soms is dit geluide
Soms kan jy dit voel
Na al die jaag na al die jaag
Stap ons saam ons saam langs die strome
God was hier teenwoordig
Aan jou kom ek hom voel
Na al die soek sien ek iets in jou lyne
Jy’s nog altyd myne
Tot die dood ons beide roep.