Lenie, Lenie, jou liefde
Trek my nes’n tou
Kom nou, Lenie
Ek wil jou vashou
Jou kuiltjies en jou houding
Is so reg na my sin
Kom nou, Lenie
Ek wil jou bemin
Daar is drie kêlkies wyne
Dan sê hy jy is syne
Daar’s soet wyn en daar’s suur wyn, Lenie
Ag, proe tog aan myne
O, proe tog aan myne
Lenie, Lenie hier sit ek nou
My kop so tussen my knieë
Lenie, Lenie, net jy kan my trane wegvee
Lenie, Lenie, my lewe
Is vir jou gegee
Opgerol in ‘n botteltjile
En gegool in die see
Daar is drie kêlkies wyne
Dan sê hy jy is syne
Daar’s soet wyn en daar’s suur wyn, Lenie
Proe tog aan myne
Proe tog aan myne
Lenie, my hart is aan jou vasgeknoop
Ek weet ek sal ook, as jy wegstap
Agterna moet loop
Lenie, jou oë is soos die sterre
En jou stem soos stroop
Kom, gee my net ‘n net ‘n halwe kans om jou
Weer terug te koop
Ek weet jy sê jy’s vir ‘n ander
Maar ek glo daar’s hoop
Hier by die water sal ons eedag nog ons kind kom doop
So kom nou, Lenie, glo in liefde
Maak jou hart weer oop
Kom nou, Lenie, maak jou hart weer oop
Drie kêlkies wyne
Dan sê hy jy is syne
Daar’s soet wyn en daar’s suur wyn, Lenie
Ag, proe tog aan myne
O, proe tog aan myne.