2524 views
‘n Heerlike verrassing van Cordelia. Die talentvolle sangeres, aktrise en liedjieskrywer gaan met Hierdie album vir ‘n vol dansvloer sorg. Die ritmes is polsend, die verwerkings op die noot en die lirieke dra inspirerende boodskappe uit. Sy sing van liefde, genade, die lewe en hoe om positief te bly. Cordelia se spektrum sterk wyd met ballades, pop en techno en met haar uitsonderlike stem kleur sy die liedjies in tot meesterstukke. Daar’s ‘n tikkie klassiek, reggae en country op die album wat die snitte komplimenteer en wat dit sonder twyfel treffers op die danvloer en radiostasies gaan maak. Kom kry saam lekker tot jou tone krul met Wees lief.